Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 27 Februarie 1976 |
Ontwerp | ’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in swart, wit en groen aan die wapperkant met ’n rooi ster en sekelmaan in die wit baan. |
Die nasionale vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara is op 27 Februarie 1976 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie ewe wye bane in (van bo na onder) swart, wit en groen met ’n rooi ster en sekelmaan in die wit baan (die vlag is linkshandig (sinister)).